NOT FAST NOT MEDIUM SOMEWHERE IN THE MIDDLE

Hi Jaco,

Laat ek begin deur te sê dat ek gister nie baie lus was om te gaan spinning doen nie. Tot so paar weke terug was die Saterdag oggend klas van 7:15 tot 8:00, maar onlangs het hulle dit verander om nou ‘n hele uur te wees. Maar ek was geboek vir ‘n full body massage net daarna, so toe dog ek “laat ek maar ‘n bietjie werk insit voor ek gaan relax”.

Anyway, heeltemal op ‘n ander noot maar steeds in dieselfde liedjie, ek het amper ‘n maand terug vir ons spinning instructor, Desi (kort vir Desmond – gebou soos Michael Jordan met ‘n smile to match) ‘n spinning compilation gegee (sien aangeheg) wat hy tot op hede nog nie in sy klas gebruik het nie. En elke week dink ek dalk vandag, maar elke week word ons soos slawe gedryf aan die hand van een of ander radio-friendly-club-treffers-now-volume-76 of iets in daai verband. Die compilation se naam het ek gevat van iets wat Desi gedurende sy klas sê. Ons sal ‘n medium pas handhaaf wanneer hy sal sê, “In about 30 seconds I would like you to increase your resistance by a quarter turn. We will then keep increasing it with a quater turn every 45 seconds. I would also like you to increase your pace to medium fast – not fast, not medium, but somewhere in the middle. And remember to smile”.

Terug by gister oggend sit ek en Minette op ons fietse en wag vir die klas om te begin (‘n mens moet 15 minute voor die tyd daar wees om seker te maak jy het ‘n plek). Desi het sy plek voor in die klas kom inneem en begin blaai deur sy CD’s (“kies myne, kies myne”, het ek gedink soos Minet langs my iets vertel). Die compilation wat ek hom gegee het kan ek van waar ek sit sien, maar elke keer blaai hy oor dit opsoek na skynbaar iets anders. Maar so na die derde iterasie het hy sy besluit gemaak, Not fast, not medium, somewhere in the middle! en daar, so waar as vet, begin track 1, Moonlight Hours (Swiss Remix). Ek was pumped!

Ek het nog nooit ‘n spinning klas so geniet soos daardie een nie. Twintig minute in is ek gewoonlik al moeg, maar met Calvin Harris se weergawe van The Reeling het ek myself nog nooit so vinnig sien spin nie. Ek het by myself gedink, “matigheid, onthou daar’s nog 40 minute oor”, maar met The Little Ones daarna moes matigheid maar ‘n rain-check vat. Tog moes ek maar geluister het.

Met Nightcall wat toe aanbreek begin ons toe klim. Resistance was nou 7 uit 10 en ons het gestaan en trap. Hierdie klim was intens, maar met tunes soos Nightcall en New Lands om jou daar deur te help het ek daardie fiets in ‘n dansvloer verander. But then, the drama started…

Toe ek oorspronklik die compilation saamgestel het sou die klim aanhou tot die einde van New Lands waarna ons dan sou herstel met ‘n low resistance, medium pace accompaniment of Shoot To Thrill. Desi het ander planne gehad. Nou al op 8 uit 10 is al wat hy vir ons gesê het, “Stay standing, and increase your tempo to match with the beat of the music”, soos wat Brian Johnson a.k.a. Die Duiwel jou jaag. Brian se sweep is toe oorgegee aan Joan Jett wie dit toe oohandig het aan Mark Foster. Dis korrek, ‘n agt minute klim het toe ontaard in ‘n 20 minute klim!

The Twelves saam met die nostalgiese stem van Morten Harket het toe uiteindelik verlig gebring waarna ons toe gestrek het en vars ‘lug’ kon skep teen die soothing sounds of Mike Mills.

Dit is waarlik ‘n uur van my lewe wat ek nie sommer sal vergeet nie.

Dankie dat jy my gedurig aan nuwe musiek voorstel.

Groete,

Wilm.

P.S. – Wat dink jy van my cover vir “Some Mixes From Back In March”?

somemixesbackinmarch

Written by: