‘N MIDDAG IN COLESBERG

Hulle roep vir mekaar: Russiese valkies wat die koue ontsnap. Vir hulle is Colesberg nie net ‘n oornagstop nie.

More oggend neem ek ‘n handvol rooibruin vere huis toe.

(Disclaimer: this is only 30 words and forms my entry for a short-short-short story competition. Hold thumbs for me!)
(Yes I know I lekker translated that last sentance. Still, hold them thumbs ;-)

——————
Update:

Richmond Feeskomitee
date Tue, Sep 27, 2011 at 7:38 AM
mailed-by hotmail.com

Important mainly because of the words in the message.

“Goeie more, dit is vir ons ‘n voorreg om u mee te deel dat u een van die wenners van die 2011 Groot Karoo Kunstefees se 30-woord Storiekompetisie is. Soos belowe sal elke inskrywer wie se woorde gepubliseer word ‘n gratis kopie van die boekie ontvang.

U word ook uitgenooi om die bekendstelling van die 2011 uitgawe van Woorde uit-en-oor Die Groot Karoo tydens die Groot Karoo Kunstefees in Richmond by te woon. Die bekendstelling vind Saterdag 8 Oktober om 11.30vm in die Museumsaal, Loop Straat, Richmond plaas.

Die fees vind plaas van 6 tot 8 Oktober, 2011 en as u belangstel om die boekbekendstelling by te woon laat ons asseblief weet voor Woensdag 5 Oktober.

Daar is nog verblyf in die dorp se gastehuise en vir verdere inligting skakel gerus die onderstaande nommer of rig ‘n epos na hierdie adres.

As u nie die fees kan bywoon nie stuur vir ons jou posadres en ons sal net na afloop van die fees vir jou ‘n kopie aanstuur.

Dankie vir jou inskrywing, ons het dit geniet.

Feesgroete,

John Donaldson”

(Translation: The story has been selected and is being included in the book! Yay for me!)

Written by: