SEEPBEL

Die seepbelle dryf in die lug, stadig, af, af, en sterf op haar wange. Sy lag elke keer. Die hospitaalbedjie ratel saam met elke uitbarsting en die pleister wat die drup aan haar gebrande arm vashou dreig om los te trek.

Wynand, met sy groot hande, lomp vir enigeiets behalwe skrynwerk, doop die stokkie in die seepbakkie en blaas vir haar nog borrels. Sy lag weer.

“Hoor hierso, ons wil graag ‘n foto van al die volunteers neem en dan kan ons maar gaan.” Hy kyk op na die stem en frons vir die organiseerder.

“Die bus is hier. Tyd om huis toe te gaan.”

Hy knik, kyk af na die meisie in die bedjie. Haar gesiggie skitter, met mondhoeke wat wil-wil in ‘n glimlag trek, haar lyfie uitgeteer en bewegingsloos op die vuil linne. Hy sit die seepbakkie op die bedkassie neer. Wynand loop uit die saal uit.

Hy kyk nie terug nie. Hy sien nie of haar oë hom volg nie: vraend, seer en teleurgesteld. Dis net seepbelle. Hulle hou nooit lank nie.

Comic Creators for Freedom Wallpaper Preview

Remember to support us in theComic Creators for Freedomdonation drive against slavery.

Written by: